Comments for Twee Riviere

Comment on Greetings & Wishes by ju
Dankie Andries,

Dit is nou so geplaas op die tweeriviere.net bladsy.

Met waardering vir jou bydrae en inset. Waar woon jy tans? Jy kan sommer vir my skryf na chairman@sainst.org

Kan jy glo die gemiddelde ouderdom van Twee Riviere se 440 inwoners is vandag 29?!

Groete,

Adriaan Botha

Twee Riviere

Comment on Greetings & Wishes by Andries du Preez
Dagse, ‘n voorouer van my Andries du Preez (getroud met Hester Ferreira) het op Twee Riviere gebly en is daar dood Augustus 16, 1784. Ons plaas nou is Essenbos wat vermeld word in die storie van Oom Andries Kritzinger.  ‘n Kleinneef van my, ook Andries Kritzinger, besit ook ‘n deel van Essenbos.

Groete, Andries

Comment on Greetings & Wishes by admin
Those stories of yesteryear are truly the best! I find they also provoke much thought… Thank you Johannes!

Comment on Greetings & Wishes by Johannes van Eeden
Congratulations with this excellent website! I thoroughly enjoyed the stories of Oom Kritzinger! I will visit one day when I pass through your valley again.

Johannes

Comment on Greetings & Wishes by admin
Andriette Esterhuyse (Olivier) says:

Twee Riviere 250

Wat ‘n spesiale naweek! Dit het meer as voldoen aan my stoutste verwagting en meer beteken as wat ek ooit sou kon dink. Ook het ek meer daaruit wys geword, wat ek glad nie eens aan gedink het nie en ‘n band met ‘n kleinniggie gebind waarvoor ek nog die grootste gedeelte van my amper 67 jaar gewens het. Die atmosfeer – ek wil die woord ‘vibe’ gebruik – Vrydagaand in die saal en oral in die strate ( selfs in Joubertina ) was so te sê tasbaar en die geskiedenis wat ons daar by Jannie gehoor het, was ek totaal onbewus van. Ek wil net DANKIE, DANKIE, DANKIE, sê aan almal wie dit toekom. By wie die idee gebore is en wie almal die beplanning en die harde werk tot by die maak van die lekker ete, gedoen het.

En was dit nie gesellig om vir Belfry te hê om mekaar te gaan vind en weer van voor af te leer ken nie. Wat ‘n oulike plek, vriendelike mense en natuurlik heerlike kos. Die opknap van die hoofroete deur die plaas (dit sal maar altyd ‘n plaas vir my bly!) was ook groot verrassing om nie eens te praat van Schrijwershoek nie!!!! Dit moet almal van ons oud-inwoners se harte goed doen om te sien dat die plek waar ons wortels lê, nie besig is om te verval nie, maar eerder herleef en weer mense begin trek.

Ek wil graag iets sê oor my ouers – iets wat ek so helder besef het hierdie naweek en Sondag ‘n dankiesêkers in ons kerk voor wil gaan aansteek. My ouers , Oupa Koos Bas (ook Swartbaard genoem) ingesluit, was bitter harde werkers en uiters innoverend. Daar was nie tyd vir sosiaal verkeer en praatjies maak nie, want daar is hard gewerk. My ma was díe Hester Ponsie wat Andries Kritzinger in sy Memoires van gepraat het, wie die manspakke gemaak het. Sy het by ‘n mans kleremaker om Joubertina (het die naam vergeet) geleer en o.a. ook baie van die jong dames op die plaas wie verder gaan studeer het, se uitrustings gemaak (ook al haar susters en ons twee dogters se trourokke). Sy het vir ‘n ruk met Swaardlelies (Gladiolas) geboer wat dan in halwe konkas water per spoor na Port Elizabeth se mark vervoer is. Ek kan nog onthou hoe gewild haar voorskote en die lekker koekies met die fudgevulsel wat met die jaarlikse kerkbasaar opgeveil was.

My Pa, Okkie bas en Oupa Koos weer, het in die winter wanneer die vrugteboorde gerus het en daar nie so baie werk was nie, houtgradeerders en –spuitbalies gemaak. Vir my as kind was dit nou doodnormaal en het ek dit nie eens onthou nie totdat my kleinneef ,Verna, die naweek dit genoem het en gewonder het of iemand op die plaas dalk nog een van daardie het, want hy sou graag ‘n foto daarvan wou hê. Toe dink ek daaroor en besef ek eintlik WAT hulle regtig gedoen het. Om daardie spiraalrollers uit hout in presisie te moes beitel. Om die meganiese gedeetes te moes uitwerk. Hulle was intelligente, wiskundige mense. Vra gerus vir Eric of Johantjie Olivier, hulle sal weet (Wessel Hansie ook). Ek sal dit so waardeer as ek ‘n foto of ‘n paar kan kry as daar nog so-iets iewers in iemand se ‘pakhuis’ bestaan.

Dit was nou ‘n lang geskrif, maar so uit my hart. Soos ek gesê het, my ouers was nie joviale prominente mense nie, maar Richard Van der Westhuizen se liedjie ‘Twee sagte Hande’ laat my aan hulle dink. Reguit, eerlik, hardwerkend en Kinders van die Here. Ek eer hulle en prys en dank God vir hulle!!!!

Beste wense aan die inwoners van Twee Riviere,

Andriette Esterhuyse (Olivier)

andri.eci@gmail.com

Sel: 082 219 2555

Landlyn: 011 864 6785

Comment on Greetings & Wishes by admin
Tania Lochner says:

Vir ‘n hele tyd sal ons voete  op ons eie gronde loop loop , maar ons koppe sal op een plek wees , en dis Tweeriviere !!!!

Dit was so lekker om my pa te sien en hoe sy onthoue en gedagtes teruggeneem word , saam met ontdekkings van familie ens. Dankie dat julle hom so spesiaal laat voel het. Hy het dit soooo geniet en ek weet hy koester dit diep in sy binneste binneste.

Dra asb al ons groetnis en liefde oor aan jou hele familie en die mense van Tweeriviere vir julle warm, gulle, hartlike ontvangs en liefde. Ons kon voel ons wortels en bloed lê diep daar !!!!  Ons voel geeërd om deel van daai deel van die Langkloof te kan wees.

Met baie liefde en dankbaarheid.

Tania Lochner

Comment on Greetings & Wishes by admin
Jaco de Klerk says:

February 15, 2015 at 6:49 pm  (Edit)

Baie geluk Twee Riviere!

Nou bietjie laat – maar ek vind nou eers hiervan uit!

Ek het wonderlike herhinneringe aan vele sorgelose Kersvakansies op my oupa Johan Wilhelm Olivier se plaas Arbeid Adel, in die 70’s en 80’s.

Dit is goed om hier te sien hoe die dorp van krag tot krag gaan – ek sal bietjie ‘n draai moet maak..

Geniet jul feesjaar!

Jaco de Klerk

Pretoria

Comment on Greetings & Wishes by Anell Olivier
Die liggies en klavier saam was heerlike bou van herinneringe.

Comment on People by ANRICO KRITZINGER
Ons famielie het jare lank die twee winkels regoor mekaar gehad. My pa was Terblanch KRITZINGER Ma Petronella (Nellie) Suster Annelize Nou Rudman en Seugnet Nou Gunter.

Comment on Greetings & Wishes by admin
Oom Michael Kritzinger vertel dat dit vroeër tradisie was om gewyde liedere op straat te sing – selfs nagdeur! Laat ons ‘n lorrie vind, en geleentheid, dan soek ons weer die ou spore op!